
NUUT OP DIE WEBWERF · AFRIKAANS SPOKEN WORD
Klas van 2026
Die lewe is bloedblou. Mooi én seer.
Binnekort op YouTube, Spotify en Apple Music.
Luister nou na Klas van 2026 4:58
Maak die klanklêer oopDie storie agter die lied
Ek het “Klas van 2026” geskryf vir die matrieks wat ’n wêreld betree wat op die rand van ’n intelligensierevolusie staan. Hulle lewens en wêreld gaan baie anders wees as wat ons as ouer geslagte ervaar het. En tog bly party dinge in die lewe dieselfde. Ek wens hulle asemrowende lewens toe.

